Bloemfontein office - 15 Wilcocks Road, Noordhoek / Mossel Bay office - 16 Marsh street

SELFVERDEDIGING: IN GEVAAR – SKIET EK OF NIE?


0

Is selfverdediging ‘n aanvaarbare meganisme om jou veiligheid te verseker of nie?
In ons sameleweing waar misdaadsyfers vir gewelddadige misdade kommerwekkend hoog is, is dit belangrik om die beginsels agter die regsterm “noodweer” te verstaan – meer gepas aangesien dit nie beperk is tot eie verdediging nie – en wanneer jy mag of nie mag skiet nie.

Wanneer geweld teen iemand gemik word, sal ‘n hof besluit of n misdaad gepleeg is deur die volgende elemente van die misdaad in ag te neem:

1. Gedrag – die teenwoordigheid of afwesigheid van ‘n spesifieke menslike daad.
2. Kousale verband – of die gedrag gekoppel kan word aan die beskuldigde.
3. Onregmatigheid – of die daad regverdig kan word of nie.
4. Skuld – of die gedrag doelbewus of nalatig was en of die beskuldigde in staat
was om op daardie tydstip tussen reg en verkeerd te onderskei.

Noodweer is inderdaad een van die verwere wat ingespan kan word om gedrag te regverdig wat andersins onwettig sou wees. Dit is egter nie ‘n verweer vir alle omstandighede nie en daar moet ook gevra word of die optrede en gelweld wat gebruik is redelik of onredelik was onder die omstandighede.

Die hof kan die volgende faktore ondersoek:

– of ‘n onwettig aanval plaasgevind het, of op die punt was om plaas te vind;
– teen wie of wat die aanval gemik was en of dit ‘n persoon of eiendom was wat
van belang was om beskerm te word;
– of optrede noodsaaklik was om die bedreigde persoon of eiendom te beskerm
en of daar alternatiewe opsies was om die bedreiging af te weer;
– of die optrede gemik was op die aanvaller;
– of die optrede toegepas in verhouding tot die bedreiging was.

Dit is van belang om te onthou dat gevolge altyd voortvloei vanuit dade en dat die gebruik van geweld nooit ligtelik opgeneem moet word nie. Waar geen ander opsie redelik beskikbaar is nie, mag geweld ingespan word teen ‘n aanvaller. Die omstandighede van elke saak is egter uniek en ‘n mens kan nie een besluit om geweld toe te pas vergelyk met ‘n soortgelyke besluit onder heel ander omstandighede ne.

Eweneens, wat ‘n regverdigbare verweer mag wees of nie, sal altyd met omsigtigheid benader moet word. Woede of vrees moet nooit alleen gebruik word om die uitoefening van geweld te regverdig nie en die vraag “om te skiet of nie” kan selgs beantwoord word met “het ek enige ander opsie?”

Vir enige raad, advies of regshulp met ‘n strafaangeleentheid – kontak DU TOIT LAMBRECHTS INC – T: 051 433 1415 (BLOEMFONTEIN) of T: 044 690 3666 (MOSSELBAAI)

Copy right Du Toit Lambrechts Inc 2022 Reg nr: 2016/350606/21 Offices in Bloemfontein and Mossel Bay